Archives

Afrika gaan gebuk onder kleinveepes

Featured Ad


Die kleinveesiekte Peste des Petit Ruminants (PPR) is besig om stadig maar seker uit die noorde van Afrika suidwaarts te beweeg, en die gevaar wat dit vir Suid-Afrika inhou, moet nie onderskat word nie.

https://agtag.co.za/category/14/post/30281

Kleinveepes is tans een van die belangrikste herkouersiektes onder skape en bokke wêreldwyd.

Simptome en omvang

Die simptome van kleinveepes is soortgelyk aan dié van runderpes by beeste, en behels orale nekrose, nasale en okulêre afskeidings, hoes, longontsteking en diarree. Volgens dr Baty Dungu van Afrivet, wat ‘n indieptestudie van kleinveepes in verskeie lande gedoen het, is die virus in staat om tot 90% van ‘n kudde te besmet en kan tot 30% tot 70% van die besmette diere laat vrek.

Volgens die studie is daar reeds in meer as 70 lande in Afrika, die Midde-Ooste en Asië aangemeld en in dié streek is daar ongeveer 1,7 miljard vee-eenhede wat 80% van die wêreld se skape en bokke uitmaak.

Selfs groot lande met uitgebreide hulpbronne soos Indië en China sukkel met die siekte. In Indië beloop kleinveepes-verwante verliese jaarliks tussen $653 miljoen en $669 miljoen.

Nader aan Suid-Afrika

Nader aan Suid-Afrika het ‘n massiewe uitbreking in 2012 in die weste van die Demokratiese Republiek van die Kongo daartoe gelei dat 744 527 bokke gevrek het, wat ‘n waarde van meer as R565 miljoen tot gevolg gehad het.

Volgens dr Dungu is dié ‘n onderskatte syfers siende dat die siekte sedertdien endemies geword het, wat selfs verdere ekonomiese skade aanrig.

Die siekte het intussen so ver suid as tot in Angola gevorder terwyl Zambië ook al binnegedring is.

Dr Dungu meen dat hoewel kleinveepes nog nie in Suid-Afrika aangemeld is nie, hou dit steeds ‘n ernstige bedreiging in gegewe dat dit suidwaarts oor die Afrika-vasteland versprei. Dit het gevolglik die potensiaal om die land se winsgewende wolbedryf, voedselsekereheid en die tienduisende werksgeleenthede in die sektor in gedrang te bring.

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon