Vrystaat Landbou (VL) het Maandag Eskom se voorgestelde tariefverhogings by die openbare sitting van die nasionale energiereguleerder (Nersa) in Bloemfontein verwerp.
Dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL, het benadruk dat die landbousektor, wat reeds met stygende koste en ekonomiese druk worstel, nie verdere kragprysstygings kan volhou nie.
Volgens die landbouorganisasie kan Vrystaatse boere nie die stygende insetkoste absorbeer wat deur Eskom-tariefverhogings, wat deurlopend meer as inflasie is, veroorsaak word nie. VL is van mening dat dié voorgestelde verhogings die ekonomiese druk op intensiewe landboubedrywighede, soos besproeiing asook suiwel- en pluimveeboerdery, net gaan vererger.
Die streek se rol as Suid-Afrika se broodmandjie, danksy die aansienlike bydrae tot die land se voedselsekerheid deur die lewering van stapelvoedsel soos mielies (43%), sonneblom (58%) en beesvleisproduksie (19%), word ook bedreig.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent