Archives

Vrystaat Landbou breek dalk bandemet AgriSA

Featured Ad



Maroela Media – Vrystaat Landbou breek dalk bande met AgriSA


‘n Peiling onder Vrystaat Landbou (VL) se lede oor die kwessie of dié organisasie van AgriSA moet wegbreek, is van stapel gestuur nadat krapperigheid ontstaan het weens AgriSA se hantering va die gewraakte Onteieningswet.


Die peiling is begin nadat versoeke van boereverenigings en individuele lede van die organisasie ontvang is dat VL sy verbintenis met AgriSA heroorweeg.


Francois Wilken, president van VL, sê hulle lede is al jare ongelukkig oor die manier waarop AgriSA landboukwessies hanteer. Dit is op ‘n spits gedryf met die onlangse onteieningswet “Ons lede voel ons moet meer direk wees oor die
Onteieningswet,” sê Wilken.


Lede het tot Dinsdag 17:00 om hul mening te lug. Gernie Botha, uitvoerende hoof van VL, sê van hul lede is ongemaklik met AgriSA se hantering van landbou-kwessies.


Hy sê van die boereverenigings het laat weet hulle is veral ongemaklik met hoe AgriSA die Onteieningswet hanteer het.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Vrystaat Landbou breek dalk bande met AgriSA

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon