Dit het tien jaar van onderhandeling geverg, maar Suid-Afrikaanse tafeldruiwe het nou uiteindelik toegang tot Filippynse markte gekry.
Die marktoegang geld sedert 26 Februarie, wat beteken Suid-Afrikaanse produsente kan nou reeds met die uitvoerproses begin. Dít nadat daar reeds in Januarie 2015 met die onderhandelingsproses begin is.
Suid-Afrika word beskou as een van die voorste uitvoerders van tafeldruiwe en is een van die vyf top-uitvoerders wêreldwyd. Die bedryf speel ‘n groot rol in Suid-Afrika se ekonomie, danksy die noemenswaardige buitelandse verdienste, die werkgeleenthede wat geskep word en die bydrae wat dit tot die groei van die landboubedryf lewer.
Volgens die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf (Sati) voer Suid-Afrika sowat 55% van sy tafeldruiwe na die Europese Unie uit. Nog 20% gaan na die Verenigde Koninkryk.
Die 2022-23-seisoen is afgesluit met 63 miljoen kartonne wat uitgevoer is, terwyl daar terselfdertyd 86 870 seisoen- en 14 843 permanente werkers in diens was.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent