Archives

Trekkers, stropers se verkopeneem af

Featured Ad


Maroela Media – Trekkers, stropers se verkope neem af


Trekker- en stroperverkope het in Junie drasties gedaal teenoor Junie 2023 se syfers.

Trekkerverkope het tans met 28% gedaal teenoor dieselfde tyd verlede jaar en stropers se verkope het met 62% gedaal.

Dit is volgens syfers wat deur die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie (Saama) verskaf is.

Saama voorsien dat trekkerverkope vir 2024 tussen 20 en 25% minder sal wees as verlede jaar.


Altesaam 21 stropers is in Junie verkoop, wat 43 stropers minder is as die 64 eenhede is wat verlede Junie verkoop is.

Tinus Havinga, direkteur van FarmSpace, sê boere is onder druk omdat die insetkoste die afgelope twee jaar drasties toegeneem het. Boere in groot gedeeltes van die land het boonop ‘n swak oesjaar agter die rug.

“Boere het tans nie die kapitaal om nuwe masjinerie aan te koop nie en politieke onsekerheid oor die samewerking met die nuwe regering van nasionale eenheid het ook ‘n invloed. 

Lees die volle berig op Maroela Media – Trekkers, stropers se verkope neem af

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon