Die Langeberg- en Ashton Foods-inmaakfabriek in die Wes-Kaap het verlede jaar aangekondig dit sal die laaste seisoen wees wat hulle vrugte inneem om te verwerk en werknemers en boere in die gemeenskap hou asem op oor wat met dié fabriek gaan gebeur.
Tiger Brands, wat die fabriek besit, het die boeregemeenskap verlede jaar ingelig dat hulle die fabriek wil verkoop omdat dit glo nie meer by hul besigheidstrategie inpas nie.
Produsente in die gemeenskap spook nou om aandele in die fabriek te bekom in ‘n poging om die deure oop te hou.
Jacques Jordaan, uitvoerende hoof van die inmaakprodusentevereniging (IPV), sê Tiger Brands het einde Maart as ‘n sperdatum gestel vir ‘n nuwe eienaar om die fabriek oor te neem, anders sluit dit met onmiddellik inwerkingtreding ná die seisoen.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent