Archives

TLU SA wil niks weet van Eskom se44%-verhoging

Featured Ad



Maroela Media TLU SA wil niks weet van Eskom se 44%-verhoging

 


Eskom se voorgestelde tariefverhoging van 44% is ‘n onaanvaarbare las wat verbruikers nie as gevolg van dié staatsonderneming se ondoeltreffendheid en jarelange wanbestuur moet dra nie, het TLU SA Donderdag gesê.


Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, meen voordat enige verhoging eers oorweeg kan word, sal Eskom sy struktuur deeglik moet hersien – veral met betrekking tot posvereistes en die doeltreffendheid van sy personeel op alle vlakke.


“Die prys wat Suid-Afrika vir kaderontplooiing betaal, wat Eskom en ander semi-staatsinstellings grootliks lamlê, is een van die hoofredes vir hierdie ondoeltreffendheid.


“Dit is hoog tyd dat Eskom sy huis in orde kry, eerder as om op verbruikers staat te maak om hul mislukkings te finansier.”


Van Zyl sê die verhoging wat die kragvoorsiener nou wil instel, sal boonop enige opflikkering in die ekonomie uitdoof.


Maroela Media TLU SA wil niks weet van Eskom se 44%-verhoging

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon