Archives

Steun vir beperkings om bek-en- klouseer te bekamp

Featured Ad



Maroela Media – Steun vir beperkings om bek-en- klouseer te bekamp

 

Die Wes-Kaapse LUR van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, het ‘n brief aan die minister van landbou, John Steenhuisen, geskryf waarin hy ‘n tydelike verbod op die beweging van gespletehoefdiere soos skape, varke en beeste versoek.


Noko Masipa, die DA se woordvoerder oor landbou, sê hierdie maatreël het ten doel om die bek-en-klouseer-uitbreking in die Humansdorp- distrik in die Oos-Kaap – naby die Wes-Kaapse grens – te beperk. Die Wes-Kaap is tans nog vry van enige gevalle van bek-en-klouseer.

“Die DA in die Wes-Kaap verwelkom hierdie proaktiewe pogings deur dr. Ivan Meyer, die provinsiale minister.

“Ons is dankbaar jeens Agri Wes-Kaap en die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) vir hul proaktiewe maatreëls om die verspreiding van bek-en-klouseer vanaf die Oos-Kaap na die Wes- Kaap te voorkom en om die verdere verspreiding van bek-en-klouseer deur bewegingsbeperkings te beheer,” sê Masipa.

Hy het ‘n beroep op boere gedoen om met regeringsowerhede en bedryfsliggame in albei provinsies saam te werk om te verseker dat die siekte in bedwang gehou word en nie na ander streke en provinsies versprei nie.


Lees die volle berig op Maroela Media – Steun vir beperkings om bek-en- klouseer te bekamp

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon