Archives

‘SA moet sy handelstrategie dringend hersien’ – BFAP

Featured Ad


Landbou.com –‘SA moet sy handelstrategie dringend hersien’ – BFAP

Suid-Afrika moet besluit of hy uitvoer ondersteun of invoer vervang meen die buro vir vir voedsel- en landboubeleid (BFAP).
 
Foto: Getty Images
Suid-Afrika sal goed moet gaan nadink oor sy handelsbeleid as die land wil floreer in ’n veranderende internasionale omgewing, meen Louw Pienaar, senior ontleder by die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP).

“Ons het ’n uitvoergeleide groeistrategie in die landbou, terwyl vervaardiging deur hoë tariewe en ander maatreëls beskerm word. Hoe vra ons van handelsvennote om hul tariewe te verlaag as ons nie bereid is om dieselfde te doen nie?” het Pienaar op die Wes-Kaapse bekendstelling van BFAP se vooruitskouing tot 2034 op Stellenbosch gevra.


Dié kommentaar kom te midde van groeiende kommer oor die impak van nuwe Amerikaanse tariewe op ingevoerde produkte uit Suid-Afrika. Die Amerikaanse mark verteenwoordig tans sowat 4% van die waarde van Suid-Afrika se landbou-uitvoer en is Suid-Afrika se agtste grootste uitvoerbestemming.


Lees die volle berig op Landbou.com –‘SA moet sy handelstrategie dringend hersien’ – BFAP

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon