Archives

SA maak nou beste wyne ooit

Featured Ad



Maroela Media – SA maak nou beste wyne ooit

 


“Suid-Afrika is onweerlegbaar besig om die beste wyne in sy geskiedenis te produseer.”


Só sê die vooraanstaande wynkritikus Tim Atkin in sy twaalfde jaarlikse verslag oor die Suid-Afrikaanse wynbedryf wat pas bekend gestel is.


Atkin was vol lof vir die land se wynmakers, kelder- en wingerdwerkers en produsente – en veral vir hul taaiheid, selfstandigheid en aanpasbaarheid. Hy sê nasionaal het wingerde dalk tot onder 88 000 ha gedaal, maar “beter wingerdboukunde en liggingskeuse, puik virusvrye plantmateriaal en ‘n breër palet van druifvariëteite wat nie nuwe eik nodig het om hul beste te wys nie, bevestig dat daar nie ‘n enkele styl is wat Suid-Afrika nie goed doen nie”.
“En die wyne verbeter met (byna) elke oesjaar,” sê hy.


Volpunte vir dié wyn

Niks minder nie as drie wyne het vanjaar punte van 99/100 behaal: die 2022 Porseleinberg Syrah, asook twee wyne van die Sadie-stal, die 2022 Columella en die 2023 Mev Kirsten. Albei produsente het in vorige uitgawes van die verslag ook skitterende punte behaal.


Lees die volle berig op Maroela Media – SA maak nou beste wyne ooit

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon