Archives

Ontsluit geleenthede vir jeug inlandboubedryf

Featured Ad


Maroela Media – Ontsluit geleenthede vir jeug in landboubedryf


Die landbousektor is vantevore dalk daarvan beskuldig dat hy hom nie proaktief as “jeugvriendelik❞ gevestig het nie, maar daar was ‘n keerpunt en al hoe meer nuwe
geleenthede in die sektor, gedryf deur tegnologie, kom na
vore.


Mandla Mpofu, besturende direkteur van Omnia Landbou en nuwe adjunkvoorsitter van die Agbiz-kongres, is ‘n groot voorstander daarvan om jongmense te motiveer om ‘n loopbaan in die landboubedryf na te streef.


Hy sê jongmense is geneig om ‘n loopbaan in landbou met dié van boer te verbind. En hoewel boere integraal tot die bedryf staan, is dit dikwels ‘n beroep wat van een geslag na die volgende oorgedra word en ‘n moeilike loopbaan om ‘n deurbraak in te maak.


Maar daar is verskeie ander geleenthede in die bedryf.
“Wat die jeug moet besef en wat ons as sleutelrolspelers in die bedryf moet oordra, is dat daar nou ‘n magdom geleenthede beskikbaar is binne hedendaagse landbou.

Jongmense stel dalk nie daarin belang om boere te word nie, maar hulle kan heel moontlik gretig wees om landboukundiges of selfs landbouers te word, wat die bedryf kan bedien met behulp van tegnologie wat die speelveld verander,” sê Mpofu.

Lees die volle berig op Maroela Media – Ontsluit geleenthede vir jeug in landboubedryf

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon