Archives

Nuwe voëlgriepkrisis in SA dreig

Featured Ad



Maroela Media – Nuwe voëlgriepkrisis in SA dreig


Die voëlgriepbedreiging wat reeds in Europa, die VSA en
Argentinië kop uitgesteek het, kan Suid-Afrika enige oomblik tref, het die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) Maandag gewaarsku.


Volgens die vereniging is Suid-Afrika op die rand van ‘n ernstige voëlgriep-krisis wat nie net die plaaslike pluimveebedryf sal bedreig nie, maar ook die land se voedselsekerheid en ekonomie kan benadeel.


Die SAPV het die regering daarom versoek om dringende maatreëls in te stel om die dreigende risiko’s van voëlgriep hok te slaan.


“Suid-Afrika loop ‘n beduiende risiko dat die hoogs patogene voëlgriep-virus (HPAI) weer in Suid-Afrika kan kop uitsteek. Die siekte het reeds sy tol op verskeie voëlspesies in Europa, die VSA en Argentinië geëis. Die virus kom gewoonlik gedurende die winterseisoen saam met wilde voëls van Europa na Suid-Afrika. Daarom moet daar nou opgetree word om te verhoed dat die epidemie groot skade aanrig,” lui ‘n verklaring van die SAPV.


Suid-Afrika het in 2023 enorme verliese gely toe meer as 9,6 miljoen voëls weens ‘n uitbreking geslag moes word.


Lees die volle berig op Maroela Media – Nuwe voëlgriepkrisis in SA dreig

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon