Maroela Media -Nuwe geval van bek-en-klouseer in Gauteng bevestig
Die Gautengse departement van landbou en landelike ontwikkeling het ‘n geval van bek-en-klouseer in die Mogale City-distrik bevestig en dit teruggevoer na ‘n dier wat op ‘n veeveiling in Gauteng gekoop en van ‘n ander provinsie afkomstig is. Die nuwe geval is Woensdag bevestig.
Gauteng se veeartsenydienste het ‘n beroep op onder andere afslaers gedoen om hul volle samewerking te gee om die verspreiding van die virus in Gauteng en ander provinsies tot die minimum te beperk.
“Dit is net wanneer almal in die veebedryf saamwerk en voldoen aan die voorgeskrewe bio-veiligheidspraktyke om risiko’s te verminder, dat ons die verspreiding van siekte kan verhoed wat almal uiteindelik raak en die land blootstel aan die risiko van ekonomiese verliese,” het die departement in ‘n verklaring gesê.
Die departement het ook benadruk dat die riglyne wat in Oktober 2022 al in die Staatskoerant bekend gemaak is, nie opgehef is nie en onder meer dokumentasie vereis wat die oorsprong en gesondheidstatus van die diere verklaar en ‘n onderneming gee dat alle diere op die bestemmingsplaas aanvanklik in isolasie gehou moet word voordat dit in die hoofkudde ingesluit word.
Maroela Media -Nuwe geval van bek-en-klouseer in Gauteng bevestig
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent