Net toe dit lyk asof die invoer van genetiese materiaal van Suid-Afrikaanse gesplete hoefdiere ‘n welkome hupstoot aan Namibië se teelprogramme sou gee, het ‘n uitbreking van bek-en-klouseer dié planne opnuut gestuit.
Die departement van landbou, vissery, water en grondhervorming in Namibië het Donderdag ‘n verbod op die invoer van genetiese materiaal van gesplete hoefdiere van Suid-Afrika geplaas.
Die besluit volg op ‘n bevestigde uitbreking van bek-en-klouseer wat op 17 Maart in Suid-Afrika aangemeld is en tot streng bewegingsbeperkings gelei het.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent