Insetkoste in die primêre landbousektor styg vinniger as die prys waarvoor die produk verkoop word, sê John Hudson, hoof van landbou by Nedbank se handelsbanksake.
“Dit skep ‘n koste-prysknyptang-uitwerking, wat beteken boere se winsmarges word tussen vinnig groeiende insetkoste en produsentepryse, wat teen ‘n stadiger tempo fluktueer, ingedruk.”
Dit is ‘n wêreldwye neiging, maar die gebrek aan subsidies vir Suid-Afrikaanse boere verhoog hul behoefte aan doeltreffendheid.
Hudson sê landbou is ‘n spel van fyn marges. Sekere koste-elemente, byvoorbeeld saad, brandstof, kunsmis, meganisasie en plaagdoders, is buite produsente se beheer; boere kan egter op verskeie maniere hul bedrywighede optimaliseer om sakedoeltreffendheid en volgehoue winsgewendheid te bevorder.
Hudson het deelgeneem aan ‘n paneelbespreking by Nampo Kaap waar die druk waaronder boere verkeer, bespreek is.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent