Archives

Kommer oor brande in Vrystaat

Featured Ad


Maroela Media – Kommer oor brande in Vrystaat

 


Verskeie boere in die Vrystaat voel sommige van die onlangse verwoestende brande in dié provinsie kon vermy gewees het.
Dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), sê die brande het duisende hektare verwoes.

Daar was sterk wind ten tye van die brande, maar ‘n mens sou die erge skade wat dit aangerig het, kon verhoed.


“As jy na die AFIS-kaart van brandvoorvalle oor die afgelope twee dae kyk, wys dit duidelik dat die meeste brande langs nasionale paaie voorkom,” het Armour Vrydag gesê.


Volgens hom kan die voorkoms van brande langs nasionale paaie aan vier hooffaktore toegeskryf word: onverantwoordelike bestuurders wat sigarette uit motorvensters gooi, vure wat deur padwerkers en pendelaars gemaak word, hawelose mense wat onder brûe en in slote slaap, asook die gebrekkige inwerkingstelling van doeltreffende brandvoorkomingsmaatreëls.

Selfs ou Eskom-kraglyne wat nie behoorlik werk nie, kan brande veroorsaak.

Veral langs die Lesotho-grens is menslike optrede die hoofoorsaak van brande, sê Armour.


In hierdie gebied word brande doelbewus gestig as ‘n daad van intimidasie en vergelding wanneer boere onwettig die weiding van ander gebruik.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Kommer oor brande in Vrystaat

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon