Italië sal in 2024 weer sy plek inneem as die wêreld se grootste wynprodusent, aangesien Frankryk se wingerde deur ongunstige weerstoestande getref is. Dit is volgens syfers van elke land se landbou-owerheid.
Ná ‘n rampspoedige oes in 2023, sal Italië se produksie met 8% herstel tot tussen 41 miljoen en 42 miljoen hektoliter, het die land se grootste landbouvereniging, Coldiretti, Woensdag gesê.
Die Franse ministerie van landbou het vroeër vandeesmaand beraam dat Franse produksie met 18% sal daal tot 39,3 miljoen hektoliter. Coldiretti het opgemerk dat hierdie jaar se opbrengs in Italië steeds laer as die gemiddelde van die afgelope paar jaar bly, aangesien verskillende dele van die land of swaar reën óf droogte ervaar.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent