Deur Tania Broughton, Ground Up Die Konstitusionele Hof het in ‘n eenparige uitspraak beslis die interpretasie van die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (Esta) behels ook dat okkupeerders wat ingevolge die wet verblyfreg het, ook die reg het om hul vee op die grond te laai wei.
Die hof het bevind indien die Esta-okkupeerders die reg het om die grond te gebruik, dié reg – om die grond te laat bewei – ook net deur wetgewing opgeskort kan word. Hiervoor moet ‘n hofaansoek gebring word.
Die Grondeiesehof het in November 2022 in die guns beslis van drie broers, Magalone, Topies en Dikhotos Mereki, wie se vee op die grond van die Moladoro-trust gewei het. Die Mereki-broers se ma het voorheen op die grond gewerk en het ingevolge die Esta-wet verblyfreg daar gehad.
Die trust wou egter die broers verhoed om hul vee op die grond te laat wei en het aangevoer hulle het slegs die reg gehad om op die grond te bly en nooit toestemming gevra om dit ook vir weiding te gebruik nie.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent