Archives

G’n aartappeltekort op pad – Aartappels SA

Featured Ad


Maroela Media – G’n aartappeltekort op pad – Aartappels SA


Die verliese aan aartappels in Limpopo weens swartryp wat dié provinsie verlede maand getref het, het ‘n invloed op sowat 3% van aartappels in die land, sê Willie Jacobs, uitvoerende hoof van Aartappels SA.


Die sowat 3% is ongeveer 70 000 van die 2,4 miljoen ton aartappels wat jaarliks in Suid-Afrika geproduseer word.


Jacobs sê die syfers is vasgestel na afloop van ‘n meningspeiling onder boere. Die uitwerking van die swartryp sal moontlik ook net op groot aartappels wees, “die soort wat mens gebruik om skyfies mee te maak”, sê Jacobs.


Hy sê ‘n gerug dat ‘n aartappeltekort die land gaan tref en in die vorm van ‘n kennisgewing op WhatsApp versprei word, is vals. “Die verspreiding van sulke vals inligting gee vir aartappelverkopers ‘n mandaat om die produk teen ‘n hoër prys as die normale prys te verkoop. Dit veroorsaak dat mense meer vir aartappels betaal as wat hulle moet. Dit sal die bedryf laat skade ly.”


Hy sê die lewering van aartappels vir 2024 is stabiel en die vrese wat geskep word met gerugte dat aartappelpryse die hoogte gaan inskiet, is oordrewe.


Jacobs sê die impak van die swartryp is nie naastenby soos dié wat beurtkrag verlede jaar op die aartappeloes gehad het nie. “In 2023 het 110 000 ton aartappels weens beurtkrag verlore gegaan.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – G’n aartappeltekort op pad – Aartappels SA

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon