Duitsland het Vrydag drie gevalle van bek-en-klouseer by water buffels op ‘n plaas naby Berlyn bevestig. Dit is die land se eerste aangemelde gevalle van die siekte sedert 1988.
Bek-en-klouseer is ‘n hoogs aansteeklike virale infeksie wat nie gevaarlik is vir mense nie, maar gesplete hoefdiere en sommige ander diere soos skape en varke raak.
Simptome sluit in koors en blase in die mond en naby die hoewe.
Die besmetting is in die staat Brandenburg, wat Berlyn omring, aangemeld, het ‘n woordvoerder gesê nadat die voorvalle deur die nasionale regering se instituut vir dieregesondheid bevestig is.
Die koerant Bild het berig dat die drie geraakte diere gevrek het en dat die res van die kudde van 11 waterbuffels van kant gemaak gaan word.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent