Archives

Denemarke eerste land wat koolstoftaks op vee gaan hef

Featured Ad


Maroela Media – Denemarke eerste land wat koolstoftaks op vee gaan hef

 


Denemarke sê hy gaan die eerste land word om boere te belas vir die koolstofuitlatings van hul koeie, skape en varke.


Jeppe Bruus, minister van belasting in Denemarke, sê die mikpunt is om Denemarke se kweekhuisvrystellings teen 2030 met 70% te verminder van die vlak waarop dit in 1990 gestaan het.


Vanaf 2030 gaan Deense veeboere dus met kr300 (sowat R785) per ton koolstof belas word. Dit sal teen 2035 tot kr750 (sowat R1 900) verhoog word, het Bruus gesê. Weens ‘n belastingaftrekking van 60% gaan die werklike koste per ton egter op kr120 (R314) begin en dan tot kr300 (sowat R785) verhoog word, berig AP.


“Ons gaan ‘n groot stap doen om teen 2045 koolstofneutraal te wees,” het Bruus gesê.


Hy hoop ook ander lande volg Denemarke se voorbeeld.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Denemarke eerste land wat koolstoftaks op vee gaan hef

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon