Archives

Boere platsak, gebroke ná ‘likwidasie-mafia’toeslaan

Featured Ad



Maroela Media – Boere platsak, gebroke ná ‘likwidasie-mafia’ toeslaan



Tientalle boere oor die hele land is tans in ‘n regstryd teen likwidateurs, onder meer van die Landbank, gewikkel in ‘n poging om van die grond en geld terug te kry wat hulle tydens beweerde onregmatighede met die likwidasie-en sekwestrasieprosesse verloor het.


Van hierdie boere het miljoene rande verloor en eiendom wat in familie se besit is, is sommer ook opgeraap om skuld te delg.


Maroela Media het vroeër berig ‘n groep likwidateurs teiken glo maatskappye en beplan likwidasies tot nadeel van die krediteure en mense wat bankrot verklaar word.


Sedertdien het nog mense, wat ook stelle met likwidateurs afgetrap het, na vore gekom.


André Theron, ‘n Vrystaatse boer wat eens die grootste produsent was van tef, ‘n gewilde gewas wat hoëgehalte-hooi lewer, is een so ‘n slagoffer van die sogenaamde likwidasiemafia.


Maroela Media – Boere platsak, gebroke ná ‘likwidasie-mafia’ toeslaan

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon