Eskom se nuwe tariefstruktuur veroorsaak dat boere – selfs dié met sonkrag – kragverhogings van tot 26% kan ervaar, veel meer as die amptelike 12,74%.
• Die hoër vaste koste en seisoenale tariefverskille beteken boere betaal veral in die somermaande aansienlik meer vir krag.
• Agri SA waarsku dat dié stygings landbouproduksiekoste verhoog en uiteindelik voedselpryse vir verbruikers sal opstoot.
Boere wat hul Eskomkrag met sonkrag aanvul, kan hulle staal vir veel groter stygings in hul kragkoste as die gemiddelde 12,75%-tariefverhoging wat die energiereguleerder Nersa in Januarie aan Eskom toegestaan het.
Dít is die gevolg van ‘n omvattende herstrukturering van Eskom se tariewe waarvoor die kragvoorsiener al jare vra.
Die nuwe tariefstruktuur en tariefverhoging het op 1 April in werking getree.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent