Die reële Suid-Afrikaanse bruto binnelandse produk (BBP) het in die derde kwartaal van die jaar met 0,3% gekrimp.
Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) sê die Suid-Afrikaanse landboubedryf was die grootste struikelblok vir groei aan die produksiekant (aanbod) van die ekonomie tussen Julie en September.
Dié bedryf het ‘n rowwe kwartaal agter die blad.
Landbou het sy tweede agtereenvolgende daling aangeteken; dié keer ‘n daling van 28,8% wat die ganse Suid-Afrikaanse ekonomie geknou het.
StatsSA sê droogte het die produksie van gewasse soos mielies, sojabone, koring en sonneblom gestuit. Ongunstige weerstoestande het ook die produksie van subtropiese vrugte, sagtevrugte en groente in dele van die land belemmer.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent