Archives

Aartappels dalk tot vier keer duurder

Featured Ad


Maroela Media – Aartappels dalk tot vier keer duurder

 

Die hemelhoë pryse van aartappels wat aan die einde van verlede jaar gesien is, kan die nuwe normaal word indien watergebruiksbeperkings op boere in die Sandveld ingestel word.

Boere in dié streek moet reeds met die grootste vernuf boer en laat elke druppel met klimaatslimbesluite tel.

Die bedryfsorganisasie Aartappels SA sê nou die departement van water en sanitasie het ‘n voorgestelde waterberging-vasstelling vir die F60-en G3- opvanggebied in die Berg-Olifants-waterbestuursgebied in die Wes-Kaap gedoen. Waterberging dien as ‘n basislyn vir die beskikbaarheid van water in die streek en word dan gebruik om te bepaal hoeveel water alle gebruikers kan onttrek.

Die konsepreserwe-vasstelling is in Mei in die Staatskoerant gepubliseer.

Gegrond op die syfers oor die beskikbaarheid van water, is die voorstel dus dat

boere in die streek hul wateronttrekking met tot 30% verminder om te verseker dat die gebied genoeg water het om aan die behoeftes van die inwoners en omgewing te voldoen.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Aartappels dalk tot vier keer duurder

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon