“Ons het ’n uitvoergeleide groeistrategie in die landbou, terwyl vervaardiging deur hoë tariewe en ander maatreëls beskerm word. Hoe vra ons van handelsvennote om hul tariewe te verlaag as ons nie bereid is om dieselfde te doen nie?” het Pienaar op die Wes-Kaapse bekendstelling van BFAP se vooruitskouing tot 2034 op Stellenbosch gevra.
Dié kommentaar kom te midde van groeiende kommer oor die impak van nuwe Amerikaanse tariewe op ingevoerde produkte uit Suid-Afrika. Die Amerikaanse mark verteenwoordig tans sowat 4% van die waarde van Suid-Afrika se landbou-uitvoer en is Suid-Afrika se agtste grootste uitvoerbestemming.