Deur Heléne Mocke Terwyl nuwe VSA-tariewe op ingevoerde landbouprodukte die afgelope paar weke groot onrus veroorsaak het, is ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy besig om oplossings vir dié uitdagings te help vind.
Die aanlyn landbouplatform Nile stel produsente in staat om wêreldwyd mee te ding, sonder die tradisionele kettings en koste van die middelman.
Die onderneming is in 2021 op die been gebring en het reeds meer as 225 000 ton vars produkte suksesvol deur sy platform verhandel. Deur middel van ‘n volledig digitale markplek verbind die onderneming boere regstreeks met kommersiële kopers en insetverskaffers, plaaslik en wêreldwyd.
“Die feit dat ons reeds na meer as 50 lande uitvoer, wys dat boere nie langer vasgevang is in ‘n enkele mark nie,” sê Louis de Kock, medestigter van Nile.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent