Karan Beef, die land se grootste verskaffer van beesvleis, het ‘n uitbreking van bek-en-klouseer by sy voerkraal op Heidelberg in Gauteng bevestig.
Ondanks Karan Beef se streng nakoming van alle biosekerheidsmaatreëls, waaronder kwarantynprotokolle en deeglike veeartsenykundige inspeksies voor die inname van beeste, is dié infeksie is Vrydag geïdentifiseer.
Karan Beef sê die voorval benadruk die voortdurende risiko’s waarmee die veebedryf te kampe het, selfs onder streng beheerstelsels.
Die beesvleisverskaffer werk nou saam met die staat se veeartsenykundige dienste om vinnige inperking te verseker en enige verdere risiko vir die breër bedryf te beperk.
“Karan Beef bly verbind tot deursigtigheid, nakoming en handhawing van die hoogste standaarde van dieregesondheid en -welsyn. Verdere opdaterings sal verskaf word sodra meer inligting beskikbaar word.”
Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en die party se woordvoerder oor landbou, sê hierdie verwikkeling skep ‘n krisis vir die hele rooivleisbedryf in Suid- Afrika; selfs die hele Suider-Afrika.
“Groot voerkraalondernemings koop speenkalwers reg oor Suid-Afrika aan en maak hulle dan markgereed. Die gebruik van gesofistikeerde tegnologie maak die naspeurbaarheid van vee moontlik. Terselfdertyd beteken dit dat aansteeklike veesiektes van oor die land by ‘n klein getal aanlegte bymekaar kan kom.”
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent