Die onlangse aankondiging van die Amerikaanse regering om ’n invoertarief van 30% op sekere Suid-Afrikaanse produkte te hef, het weereens die skerp lig gewerp op die gevolge van dekades lange wanbestuur, beleidsonsekerheid en politieke arrogansie. In sy bekendmaking het president Trump uitdruklik na Suid-Afrika verwys en gesê: “South Africa, they got some bad things going on…” — nie een keer nie, maar twee keer.
Vir 31 jaar word die inwoners van Suid-Afrika en die land se ekonomie geknel deur ‘n beleidsomgewing wat almal benadeel, behalwe diegene in magsposisies. Misdaad, infrastruktuurverval, krisisse in dienslewering en korrupsie het ’n situasie geskep waar buitelandse lande hul rug begin draai – nie weens ‘n gebrek aan wil om te handel nie, maar weens ‘n verlies aan vertroue.
TLU SA spreek nie namens ander sektore nie, maar binne die landbou is die impak van hierdie soort optrede tasbaar en ingrypend. Suid-Afrikaanse produsente sien hoe ander lande met groter respek en simpatie hanteer word, terwyl ons voortdurend boet vir die nalatigheid van ’n regering wat eerder ander blameer as om selfverantwoordelikheid te aanvaar
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent