Die polisie, dierebeskermingsverenigings, die nasionale vervolgingsgesag (NVG), produsente én plaaslike veiligheidstrukture speel almal ‘n belangrike rol in die bekamping en hantering van veediefstal, het die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum Vrydag gesê.
Dié forum het vandeesweek vergader, onder meer oor die verwoestende uitwerking van veediefstal, en verskeie voorstelle ter tafel gelê om die probleem hok te slaan.
“Die ekonomiese verlies wat veediefstal vir die rooivleisbedryf inhou beloop miljoene rande per jaar, maar dit is nie slegs die ekonomiese verlies vir produsente en vee-eienaars nie, dit is ook die emosionele invloed wat veediefstal het.”
Die forum sê dit is belangrik dat die polisie veediefstal, wat oor die jare ‘n volskaalse sindikaatmisdaad geword het, weer tot prioriteitmisdaad moet verklaar en dit in dieselfde kategorie plaas as die diefstal van koper, brandstof en ander ysterhoudende metale.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent