Jos Verstraten, ‘n Nederlandse boer, klouter met ‘n leer teen ‘n groot slyktenk op wat lyk soos ‘n enorme sirkus en kyk na die inhoud wat ‘n oorweldigende reuk van ammoniak afgee.
Wolke pak saam oor Verstraten se suiwelplaas in die suidooste van Nederland, en ‘n storm broei ook oor die groeiende miskrisis wat Nederlandse boere in die gesig staar.
“Ons is letterlik in die **** sê die 59-jarige boer met kenmerkende Nederlandse uitgesprokenheid.
Verstraten en talle ander Nederlandse boere – wat saam miljoene stuks vee besit – het jare lank gebaat by ‘n spesiale vergunning van die Europese Unie (EU) wat hulle toegelaat het om meer mis op hul lande te strooi as enige ander land in die blok van 27 lande.
Die EU-ooreenkoms laat Nederland, een van die wêreld se grootste uitvoerders van suiwel, toe om jaarliks tussen 230 en 250 kg stikstof per hektaar te strooi.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent