Archives

Kosteknyptang: Boere moet meer met minder doen

Featured Ad



Maroela media – Kosteknyptang: Boere moet meer met minder doen

 


Insetkoste in die primêre landbousektor styg vinniger as die prys waarvoor die produk verkoop word, sê John Hudson, hoof van landbou by Nedbank se handelsbanksake.


“Dit skep ‘n koste-prysknyptang-uitwerking, wat beteken boere se winsmarges word tussen vinnig groeiende insetkoste en produsentepryse, wat teen ‘n stadiger tempo fluktueer, ingedruk.”


Dit is ‘n wêreldwye neiging, maar die gebrek aan subsidies vir Suid-Afrikaanse boere verhoog hul behoefte aan doeltreffendheid.

Hudson sê landbou is ‘n spel van fyn marges. Sekere koste-elemente, byvoorbeeld saad, brandstof, kunsmis, meganisasie en plaagdoders, is buite produsente se beheer; boere kan egter op verskeie maniere hul bedrywighede optimaliseer om sakedoeltreffendheid en volgehoue winsgewendheid te bevorder.

Hudson het deelgeneem aan ‘n paneelbespreking by Nampo Kaap waar die druk waaronder boere verkeer, bespreek is.

 


Lees die volle berig op Maroela media – Kosteknyptang: Boere moet meer met minder doen | Maroela Media

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon