Archives

SA voer al meer knoffel in

Featured Ad



Maroela Media – SA voer al meer knoffel in


Meer knoffel is die afgelope vier jaar deur Suid-Afrika ingevoer as voorheen nadat baie plaaslike knoffelboere die bedryf verlaat het, het Corrie Bezuidenhout, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Knoffelkwekersvereniging, vandeesweek by die vereniging se konferensie vir kwekers in Pretoria gesê.


Plaaslike produsente het nie genoeg knoffel van goeie gehalte om deurlopend in die vraag van die plaaslike mark te voorsien nie, sê hy.


“Dit verg ernstige langtermynbeplanning en toewyding om ‘n suksesvolle knoffelkweker te word. Om as bedryf te oorleef sal ons by punt moet kom waar ons kan meeding met die gehalte en hoeveelheid van die ingevoerde produk.”


Bezuidenhout sê plaaslike produsente het die voordeel van varsheid en die handhawing van die produkstandaard.


“Ingevoerde knoffel moet bestraal word voordat dit in Suid-Afrika verkoop word en die feit dat dié knoffel dikwels vir lang periodes in koelkamers geberg word, het ‘n negatiewe uitwerking op die smaak en die raklewe daarvan.”

 


Lees die volle berig op Maroela Media – SA voer al meer knoffel in

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon