Die mag wat die mededingingskommissie by oornames en samesmeltings het om voorwaardes in “openbare belang” te stel, gaan nou onder die vergrootglas geplaas word.
Die sake-organisasie Sakeliga het geslaag in sy aansoek om ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Paia, Wet 4 van 2013) toegang te bekom tot die volle rekords van 20 kommissie- ondersoeke na korporatiewe transaksies.
“Sedert problematiese wysigings aan die Wet op Mededinging (Wet 89 van 2018) steun die kommissie gereeld op die grondslag van openbare belang om skadelike toegewings rakende swart ekonomiese bemagtiging (SEB), indiensneming, plaaslike inhoud en ander regeringsvoorkeure op maatskappye en hul eienaars af te dwing,” sê Sakeliga in ‘n verklaring.
Sedertdien is SEB-vereistes ‘n standaardvoorwaarde by transaksies en het die kommissie selfs al transaksies afgekeur omdat swart aandeelhouers hul aandele aan wit aandeelhouers probeer verkoop het, het Piet le Roux, uitvoerende hoof van die organisasie, vroeër gesê.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent