Vrystaat Landbou (VL) het met Jabu Mbalula, die Vrystaatse LUR vir gemeenskapsveiligheid, en Elzabe Rockman, Vrystaatse LUR vir landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake, vergader in die hoop op beter samewerking om verhoogde misdaad en veiligheidsprobleme wat grensgemeenskappe en grensboere aan die Lesotho-grens teister, doeltreffend te bekamp.
Francois Wilken, president van VL, sê die fokus is onder meer op hoëmisdaadgebiede wat al jare lank as onwettige deurgangsroetes na Lesotho deur misdadigers uitgebuit word.
Probleme sluit in veediefstal, oorgrensbeweiding en Basotho-mense en hul diere – diere wat nie gebrandmerk is nie – wat in baie grensdorpe se meentgronde opgemerk word.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent