Archives

Oplossing vir al jou staalwerkbehoeftes

Featured Ad



Maroela Media – Oplossing vir al jou staalwerkbehoeftes

 


FJC Staalwerke, ‘n klein enkeleienaar-besigheid met groot drome, is baie opgewonde om binnekort op Kragdag te kan uitstal.


“Ons nederige begin van onder ‘n klein afdakkie op ‘n kleinhoewe, baie laat aande,baie min tyd vir self en baie sweet en ‘n liggaam wat vol krampe is, het ons dit gemaak deur God se genade alleen, tot waar ons nou is,” laat weet dié staalwerke- onderneming.


Die maatskappy het begin om skaapraampies en baalringe te bou, want die gereedskap was maar primitief, maar spog nou met sy eie beesweeg/werk-kratte, groot beeshanteringsfasiliteite, skaaphanteringstoerusting, skale, wippe en vele meer.


“Alhoewel die staalbedryf ‘ʼn baie mededingende bedryf is, en die tendense deur die jaar wissel, was ons tot nou toe nog baie geseënd om ‘n standhoudende besigheid te kon opbou. Wanneer jou werk jou passie is, en jy self moet werk om jou produk daar buite te kry, kan die kwaliteit van jou handewerk nie anders as om net te verbeter nie.”

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Oplossing vir al jou staalwerkbehoeftes

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon