Archives

TLU SA bespreek knelpunte metnuwelandbouminister

Featured Ad


Maroela Media – TLU SA bespreek knelpunte metnuwelandbouminister

 


TLU SA het Dinsdagoggend positiewe en konstruktiewe gesprekke met die nuwe landbouminister, John Steenhuisen, gehad.


TLU SA het die vergadering saam met ander organisasies bygewoon waar die belangrikste knelpunte in die landboubedryf bespreek is. Steenhuisen het dadelik aandag gegee aan vier kwelpunte wat vir hom die hoogste op die prioriteitslys lê, naamlik biosekuriteit vir diere en plante; die beleidsraamwerk en wetgewing se invloed op landbou; ondersteuning ten opsigte van winsgewendheid en volhoubaarheid; en finansiering vir boere en
prosessering/waardetoevoeging. Hy het ook die belangrikheid van markontginning beklemtoon en erken dat landbou die katalisator is wat die toekoms van die land in groot mate bepaal.


Steenhuisen het die groep aangemoedig om hulself bekend te stel en vir elk ‘n geleentheid gegee vir insette. Hy was uiters ontvanklik vir kommentaar en voorstelle, en TLU SA is van mening dat die organisasies waardevolle bydraes gelewer het.


Wannie Scribante, adjunkpresident van TLU SA, het Steenhuisen bedank vir sy oopdeurbenadering en bereidwilligheid en beskikbaarheid vir landbou.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – TLU SA bespreek knelpunte metnuwelandbouminister

Comments

mood_bad
  • No comments yet.
  • Add a comment
    Show Buttons
    Hide Buttons
    Right Menu Icon