Agri Wes-Kaap sê hulle is bemoedig deur die aankondiging in die Staatskoerant van die siektebeheergebied in die Oos-Kaap, asook in KwaZulu Natal en Limpopo, om die huidige bek-en-klouseer-uitbreking hok te slaan.
Maroela Media het vroeër berig die departement van landbou in die Oos-Kaap het sy maatreëls opgeskerp om die verspreiding van bek-en-klouseer wat in dié provinsie uitgebreek het te pak.
Tot op hede het 26 plase in die provinsie positiewe gevalle aangemeld.
‘n Siektebestuursgebied sal volgens die departement vanaf Vrydag geld.
“Dit is verseker ‘n stap in die regte rigting om die verspreiding van bek-en-klouseer te bekamp. Ons glo dat almal by die neergelegde riglyne van die siektebeheergebied sal hou en dat beheer oor die gebied met die uiterste sorg hanteer sal word.”
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent