Vrystaat Landbou (VL) se landelike veiligheidskomitee het vandeesweek met die nuwe LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer en sy direkteure in die provinsie vergader om ‘n hand van samewerking uit te reik.
Dit was veral in ‘n poging om landelike veiligheid en misdaad in boerderygemeenskappe doeltreffend saam met die polisie te takel.
VL het die nuwe LUR, Jabu Mbalula, ook geluk – en sterkte – in sy nuwe rol toegewens.
Dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder by VL, sê vyf prioriteitskwessies is onder meer onder die LUR se aandag gebring. Die organisasie beskou hierdie sake as van kardinale belang om landelike veiligheid en misdaad doeltreffender te pak.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent