Die departement van landbou speel ‘n sentrale rol in die land, maar departemente soos dié van polisie, arbeid, water, omgewingsake, handel en nywerheid, energie en finansies het ook ‘n direkte invloed op dié sektor, sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.
Dié landbou-organisasie het die nuwe kabinetsaanstellings verwelkom, en sê dat TLU SA met die regering wil saamwerk om aandag te gee aan landboukwessies in Suid- Afrika.
Maroela Media het vroeër berig dat John Steenhuisen, leier van die DA, Sondagaand as minister van landbou aangewys is en Mzwanele Nyhontso as minister van grondhervorming en landelike ontwikkeling.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent