Archives

Kom BELEEF Nampo 2022

Featured Ad


Dit is met groot opgewondenheid en ‘n gevoel van verligting dat Graan SA kennis geneem het van president Cyril Ramaphosa se toespraak gisteraand wat die aangepaste Vlak 1-regulasies, wat om middernag in werking getree het, aangekondig het en sodoende die 2022 NAMPO Oesdag vanaf 16 – 20 Mei 2022 teen 50% van NAMPO Park se kapasiteit moontlik maak.

https://agtag.co.za/category/14/post/30525

Die 54ste NAMPO Oesdag, wat beplan word om vir die eerste keer oor vyf dae aangebied te word om voorsiening te maak vir die verminderde kapasiteit, sal landbou se nuutste tegnologie, masjinerie, innovasies en produktiwiteitsoplossings alles op een platform ten toon stel. Die 2022-tema “Beleef dit!” is ‘n uitnodiging aan die landboubedryf en die breë publiek om die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond eerstehands te ervaar.

“Graan SA is verheug en dankbaar dat die aangepaste regulasies dit moontlik sal maak om NAMPO 2022 aan te bied, en verder dat ons in staat is om dit suksesvol te doen teen 50% van die Park se kapasiteit, kragtens die aangepaste regulasies,” het dr. Dirk Strydom, Graan SA se Bemarking, NAMPO en Navorsingskoördineringshoof gesê. “Die NAMPO Oesdag was nog altyd ‘n aanwins vir die landbou en sy mense en dit sal goed wees om almal terug te verwelkom na hierdie landbou-vertoonvenster na die twee jaar-lange ontwrigting.”

Maatreëls en aksieplanne

Graan SA is daartoe verbind om toepaslike en nodige maatreëls en aksieplanne te implementeer in verband met die vereistes van die regering om hierdie geleentheid aan te bied. “Die gesondheid en veiligheid van besoekers, uitstallers, personeel, borge en die hele landbougemeenskap tydens die NAMPO Oesdag bly uiters belangrik en die organisasie sal verder gelei word deur huidige beste praktyke om te verseker dat alle toepaslike en vereiste gesondheid- en veiligheidskontroles in plek is wat die aanbieding van ‘n suksesvolle en waardevolle geleentheid vir alle betrokkenes sal fasiliteer,” het dr. Pieter Taljaard, Uitvoerende Hoofbestuurder van Graan SA gesê.

“In ooreenstemming met die nuut aangekondigde regulasies, sal die NAMPO Oesdag besoekers verwelkom wat voldoen aan die huidige vereiste regulasies naamlik ten volle ingeënt en in besit van ‘n geldige inentingsertifikaat of ongeënt maar in besit van ‘n geldige sertifikaat van ‘n negatiewe COVID-19 toets, verkry nie meer as 72 uur voor ingang na die park nie,” het Toit Wessels, Assistent Bestuurder: NAMPO bevestig.

Broodnodige inspuiting vir die plaaslike ekonomie

Die aanbieding van die Oesdag sal ‘n broodnodige inspuiting aan die plaaslike ekonomie na sy twee jaar lange onderbreking bied, met baie kleinsake-eienaars wat sterk staatmaak op die moontlike inkomste stroom as gevolg van hierdie landbou platform. Verder kan die ekonomiese belangrikheid van NAMPO vir die korporatiewe, medium- en klein besighede van regoor Suid-Afrika wat aan die skou deelneem, nie onderskat word nie.

“Terwyl ons sommige dinge dalk ‘n bietjie anders moet doen, is ons doel om steeds ‘n gediversifiseerde landbouhandels-uitstalling van wêreldaansien aan te bied, wat die breër landbouwaardeketting bevoordeel,” het Strydom gesê.

Selfs te midde van die onsekerheid kan NAMPO steeds ‘n volledige lys uitstallers aankondig. Dit, tesame met die grootte van die terrein en die infrastruktuur wat goed versprei is, beloof NAMPO om ‘n veilige en rustige gesinsvriendelike ervaring met iets vir almal aan te bied. Vir diegene wat altyd gewonder het, en vir elke terugkerende besoeker wat twyfel of hul die besienswaardighede en klanke sou vergeet het, word u uitgenooi om die 2022 NAMPO Oesdag te besoek… en dit te beleef!

Kom beleef ‘n ekstra dag teen die 2019-toegangsfooie. In samewerking met TicketPro sal slegs aanlyn kaartjieverkope in die eerste week van April beskikbaar wees. Besprekings vir die immergewilde tentehotel op die noordelike grens van die park is reeds oop en verdere inligting rondom die NAMPO Oesdag kan op www.nampo.co.za verkry word.

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon