Archives

Mpumalanga-boere raadop oor veediefstal

Featured Ad


Maroela Media – https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/mpumalanga-boere-raadop-oor-veediefstal/

Veediefstal is ‘n toenemende probleem wat dreig om talle boere landwyd op hul knieë te dwing en boere tussen Piet Retief en Ermelo in Mpumalanga is onder diegene wat sê die situasie raak nou haas
onhoudbaar.

Benewens die massiewe finansiële skade wat boere weens veediefstal ly, plaas dit hul persoonlike veiligheid ook voortdurend in die gedrang. Sommige boere sê dit lyk boonop of die polisie ‘n traak-my-nie-agtige benadering teenoor die voorvalle het, met ondersoeke wat weinig of geen resultate oplewer nie.

Drie boere – wat almal in die omgewing van die Driefontein-plakkerskamp en die Geelhoutboompompstasie tussen Ermelo en Piet Retief boer – het Donderdag aan Maroela Media gesê dat hul vee, veral beeste, in groot getalle gesteel en in die meeste gevalle tot by die plakkerskamp gejaag word.

Daar word die vee wreed afgemaai en geslag. Dikwels is al wat van die karkasse oorbly die vel, pensmis of dooie kalfies wat uit dragtige koeie gesny is.

Lees die volle berig op Maroela Media – https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/mpumalanga-boere-raadop-oor-veediefstal/

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon